’n Rooms-Katolieke priester wat in Argentinië skuldig bevind is dat hy verskeie seuns gemolesteer het, het begin om ’n vonnis van 15 jaar uit te dien.
Die priester, vader Julio Cesar Grassi, het bekendheid verwerf omdat hy talle Argentynse bekendes oortuig het om groot bydraes te maak tot die Happy Children Foundation.
In 1996 het van die weeskinders in sy sorg begin gekla dat hy hulle seksueel molesteer. Grassi is in 2009 skuldig bevind, maar het steeds oorkant die weeshuis gewoon terwyl hy probeer het om die skuldigbevinding te laat omkeer. Hy het egter Maandag begin om sy vonnis uit te dien en sal sy finale appèl uit die tronk moet bring.
Die addergeslag!
Ongelikkig kan ek my nie op hierdie forum uitspreek oor die vuil gemors nie. Sal eerder op my tande byt.
Ongelukkig kan ek my nie op hierdie forum uitspreek oor die vuil gemors nie. Sal eerder op my tande byt.
Nonne en priesters,het my nog altyd laat wonder ??? selibaat ???
Wat het geword van die meulsteun-om-die-nek-reel vir diegene wat die struikeling van die kleintjies veroorsaak?
Ek sou so graag my mond wou uitspoel maar ongelukkig, as ek die boodskap van Maroela Media reg verstaan, moet ek net komplimenteer! Ek merk dat die kommentaar al skrapser word, dit is nie eers meer die moeite werd om dit te lees nie.
Ek hoop die “priester” gaan ‘n baie lekker tydjie in die tronk he!