Prins al ‘n jaar lank in koma

Prins Friso

Die Nederlandse koninklike, prins Friso, is vandag presies ‘n jaar lank in ‘n koma.

Die prins het op 17 Februarie verlede jaar ernstige breinskade opgedoen toe hy tydens ‘n skivakansie in die Switserse Alpe in ‘n sneeustorting beland het. Sy hart het 50 minute lank stilgestaan.

Prins Friso word in ‘n hospitaal in Londen verpleeg, waar die kanse as uiters skraal beskryf word dat hy kan herstel. Sy ma, koningin Beatrix, het onlangs aangekondig dat sy vanjaar op 30 April gaan abdikeer en deur haar oudste seun, prins Willem-Alexander opgevolg gaan word. Toe is bespiegel dat sy langer tye in Londen wil deurbring om naby Friso te wees.

Die koninklike gesin het vandag in Lech byeengekom waar die kerke ‘n oomblik van stilte gaan hou, en in die Nieuwe Kerk vanaand ‘n spesiale diens gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.