Prins Charles van Engeland het Sondag in Qunu in die Oos-Kaap aangekom vir die staatsbegrafnis van oud-president Nelson Mandela.
Joyce Banda, president van Malawi het kort ná hom opgedaag.
Die begrafnis vind in ʼn markiestent plaas wat spesiaal vir die verrigtinge opgerig is. Daar is pers stoele vir meeste van die roubeklaers en swart stoele vir internasionale afgevaardigdes en spesiale gaste.