Prins Harry het glo in die geheim die ja-woord gevra

Prins Harry en Cressida Bonas

Prins Harry en Cressida Bonas

Prins Harry van Brittanje het moontlik reeds die ja-woord gevra vir sy vriendin, Cressida Bonas.

Die 28-jarige prins en Cressida is glo al 14 maande lank in ‘n verhouding en dit lyk of dinge nou ernstig raak, berig news.com.au.

“Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voordat Harry dit amptelik aankondig,” het ‘n bron glo aan die Britse tydskrif, Grazia, gesê. “Hulle het dit in diepte met mekaar en hul familie bespreek.”

Harry se ouer broer, William, het hom glo aangeraai om die nuus vir eers geheim te hou. Die toekomstige koning het sy vrou Catherine ‘n paar maande gegun voordat hulle die nuus amptelik in 2010 aangekondig het. Cressida (24) is glo senuweeagtig om ‘n prinses te word en om in so ‘n hoëprofiel-verhouding te wees. Sy spandeer egter glo die meeste van haar tyd by Harry se woonstel in Londen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie Grobler ·

Harry lyk soos ñ kat wat ñ hengse klomp melk verorber het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.