Prins William bedank om voltyds pa te wees

William, Kate en hul babaseuntjie, prins George. Kate se pa, Michael Middleton, het die foto geneem.

William, Kate en hul babaseuntjie, prins George. Kate se pa, Michael Middleton, het die foto geneem.

Prins William gaan sy voltydse pos in die Britse Leër ná sewe jaar bedank om op sy koninklike pligte, liefdadigheidswerk en vaderskap te fokus, het die Kensington-paleis Donderdag aangekondig.

“Die hertog van Cambridge werk al sedert 2009 as ‘n soek- en reddingshelikopter en was deel van die redding van 149 individue,” het die paleis in ‘n verklaring gesê.

William (31), sy vrou Kate en hul nuwe seuntjie, prins George, sal binnekort na hul nuwe woning, ‘n woonstel wat in Kensington-paleis vir hulle ingerig word, verhuis. Hy sal steeds met sy liefdadigheidswerk vir kinders, veterane en aktiewe lede van die Weermag voortgaan. Hy sal glo ook meer betrokke raak by bewaringswerk, om bedreigde spesies en habitatte te beskerm.

William staan derde in die ry om die troonopvolger te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Weet Wills dat ons Blankes in Suid-Afrika ook al klassifiseer as “bedreigde spesie” en ons renosters ook ?

Griet ·

“William staan DERDE in die ry om die troonopvolger te wees.” Mis ek iewers iets?
Prins Charles(1ste aanspraakmaker), Prins Williams(2de), Prins George (“cuti-pie”3de)

Erich Goosen ·

Ek dag Kate en al haar personeel is voldoende vir die baba se opvoedingstaak. Die spul koninklikes is nou nie juis die vlytigste klomp mense wat bestaan nie. Dit sou darem ‘n beter voorbeeld gestel het as die man ‘n 9 tot 5 werkie buite die huis gehad het.

JAVR ·

Wens ons was so bevoorreg om te sê ons wil voltydse ouers wees! Hulle is darem ‘n pragtige paartjie! Willy, Willy, Willy!!!!!!!

Trippie ·

More jy … moenie vir Willy roep nie – hy sê nou net hy’s broeis ! HARDLOOP !

LoL LoL !

Willy ·

Haha hallo julle twee!! Toemaar, as daar so ‘n broeis gevoeltjie oor my kom skink ek maar net ‘n glas rooiwyn in.
Ek dink ek is al oor my kwota rooiwyn!

Naal de Koker ·

Disprin help vir broeis-geit …….knyp hom tussen jou kniee vas!!!!

JAVR ·

Hierdie “zip” soos jou baas jou noem is gestrip! Kan nie eens meer oopmaak nie al sit jy seep aan die tandjies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.