Prinse help sandsakke aflaai

Prins William (L) en prins Harry Foto: express.co.uk

Prins William (L) en prins Harry Foto: express.co.uk

Prins William en prins Harry het Vrydag by ʼn reddingspoging aangesluit om vloedslagoffers te help. Die twee broers help soldate om sandsakke, naby aan hul ouma se woonhuis by Windsor-kasteel, af te laai.

Die broers was geklee in waterbestande klere en waterstewels en dit wil voorkom of dit ʼn private poging was om die soldate te help.

William (31) het verlede jaar uit die weermag bedank, maar Harry (29) dien steeds in die leër.

“Die hertog en prins Harry wou hul ondersteuning aan die vloedslagoffers betoon en het gedink die mees gepaste manier is om die soldate in hul reddingspoging te ondersteun,” het ʼn woordvoerder van Kensington-paleis aan AFP gesê.

Robert Booth, ʼn joernalis vir The Guardian, het die twee prinse raakgesien en foto’s geneem toe hulle die sandsakke op ʼn spoorwegvragmotor gelaai het. “Hoekom sit jy nie bietjie jou notaboekie neer en help ons met die sandsakke nie?” het prins William aan Booth gevra. Booth sê hy het aangebied, maar koninklike oppassers wou glo nie toestemming verleen nie.

Brittanje gaan gebuk onder oorstromings en vloede ná die natste Januarie in 250 jaar. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.