Prinses Charlene besoek SA vir ouma se verjaardag

Prinses Charlene saam met haar ouma, Sylvia Wittstock. Foto: www.looklocal.co.za

Prinses Charlene van Monaco het spesiaal die naweek Suid-Afrika besoek vir haar ouma se 91ste verjaardag.

LookLocal berig dat prinses Charlene Sondag haar ouma, Sylvia Wittstock, op haar verjaardag by die Rynpark-ouetehuis in Benoni aan die Oos-Rand besoek het. Prinses Charlene is vergesel deur haar ouers, Mike en Lynette Wittstock, sowel as haar broers Gareth en Saun. “Dit is die beste dag van my lewe, ek is 91 jaar oud en ek voel fantasties,” het Wittstock gesê.

Prinses Charlene het weereens benadruk hoe trots sy op die vertoning van Suid-Afrika se swemmers was tydens die afgelope Olimpiese Spele. “Ek is baie trots op hulle, veral Chad [le Clos], ek ken hom vandat hy 11 jaar oud was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.