Prinses Di se dood nie weer ondersoek

Prinses Diana

Prinses Diana

Die Britse polisie het bekend gemaak dat nie genoeg bewyse gevind kon word om die ondersoek na prinses Diana, haar vriend Dodi al-Fayed en chauffeur te heropen nie. Hulle het in 1997 in Frankryk verongeluk toe hulle blykbaar vir die paparazzi gevlug het.

Die polisie het in Augustus aangekondig dat nuwe inligting ontvang is. Die media het destyds berig dat ‘n lid van die Britse leër by die voorval betrek word.

Die polisie het egter pas aangekondig dat geen betroubare, geloofwaardige inligting ontvang is nie.

ʼn Koninklike woordvoerder het gesê daar is geen kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.