Privaatbehandeling vir kookwater-slagoffer

Nienke Pelser (4)

Nienke Pelser, ʼn vierjarige dogtertjie van Bethlehem wat op 8 Februarie erg deur kookwater gebrand het, is uit ‘n staatshospitaal ontslaan en kry nou privaatbehandeling by haar huis.

“Dit gaan beter met haar, maar sy het nog baie pyn. Sy is darem nou in goeie hande en het nou die korrekte wondsorgprodukte,” het Annerie du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Du Plooy het gesê Nienke is Donderdag ontslaan, maar het Sondag ‘n hoë koors ontwikkel. “Dr. Reed  was Sondag nie in Bethlehem nie, en het al die pad van Vereeniging af gery om Nienke te behandel. Haar wonde en moontlike infeksie word nou met die korrekte produkte behandel en sy voel alreeds baie beter. Hero Burn Foundation gaan aanhou om haar wondsorgprodukte te betaal tot sy genees,” het Du Plooy gesê.

Du Plooy het ook gesê die organisasie gaan reël dat Nienke berading en fisioterapie kry as dit na dit tyd nodig is.

Maroela Media het vroeër berig Nienke het tweedegraadse brandwonde opgedoen toe ʼn ketel met kookwater oor haar uitgeval het. Sy het glo oor ʼn toonbank gestrek om by iets uit te kom toe die ketel omgeval het. Lees meer hier.

Hero Burn is ʼn nie-winsgewende organisasie wat omsien na brandslagoffers in nood en is afhanklik van donasies om hierdie produkte aan te koop. Du Plooy het almal bedank wat ʼn bydrae aan die organisasie gemaak het.

Vir meer inligting oor die organisasie asook hul bankbesonderhede besoek hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EEHF ·

Nienke, jy is ‘n baie dapper meisie. Onthou die Engele gaan al jou eina wegsoen en beter maak. Word gou gesond Gogga.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.