ʼn Privaatseremonie sal gehou word vir twee spesialemag-lede van die Suid-Afrikaanse Vloot wat in Namibië ter see vermis geraak het.
“Die doel van die seremonie is om aan die familie van die twee lede die geleentheid te bied om rituele, in ooreenstemming met hul kultuur, uit te voer,” het kapt. Zamo Sithole, woordvoerder van die Vloot, in ʼn verklaring gesê.
Kapt. Kgabo Wilson Mabutla (27) van Ga-Matlala in Polokwane en korporaal Senatla AbelSebooa (27) van Orange Farm, suid van Johannesburg, word sedert 6 Oktober vermis. Hulle was altwee lede van die spesiale taakmag. Hulle het in ʼn bootongeluk tydens ʼn spesialemag-opleidingsessie van die SA Ontwikkelingsgemeenskap in Sandwich Harbour, Walvisbaai vermis geraak.
ʼn Omvattende soektog is van stapel gestuur, maar die operasie is nou afgeskaal, het Sithole gesê.
Hierdie berig is effens snaak. Ek weet nie of die ‘n opvolg berig op ‘n vorige berig is nie. Ek kon nie iets opspoor nie!
‘n Privaatsermonie vir soldate wat in diens sterf?
Ek het toevallig ook die Namibiese koerant berigte hieroor gevolg. Die voorval het nie naastenby dieselfde dekking in SA geniet as wat dit daar geniet het nie!
Ter see vermis geraak.? Spes mag lede? Omstandighede? Die waarheid? Akkuraatheid?