Probleme by Charlotte Maxeke-staatshospitaal

Twaalf spesialiste van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg se narkotiese afdeling het glo Maandag bedank. Dit is na bewering die begin van ʼn massa uittog van spesialiste by dié hospitaal, berig EWN.

Maandag se bedankings kom ten midde van ʼn voortdurende stryd van personeel wat glo sleg behandel word deur bestuurders, en nie hul oortydgeld betaal word nie.

Na wat berig word, gaan die helfte van die narkotiese afdeling van volgende maand af nie meer daar werk nie. Dit lei tot vrae oor hoe die hospitaal noodsaaklike operasies gaan verrig, met so ‘n tekort aan personeel.

Bronne het aan EWN gesê dié spesialiste se bedankings is nie die laaste nie, want die hospitaal weier om spesialiste oortydgeld uit te betaal.

Volgens dokters tree bestuurders glo beledigend teen diegene op wat probeer om te verseker dat hul oortydgeld betaal word. Verskeie vergaderings om ʼn oplossing vir die probleem te kry, het glo in ‘n doodloopstraat geëindig.

Die Gautengse departement van gesondheid en die hospitaal se bestuur het ná verskeie pogings, nie oor die situasie kommentaar gelewer nie.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.