Probleme met 7de Laan-kontrak

7de Laan, SABC2 se gewilde sepie, se kameras sal moontlik Vrydag ophou rol indien die SAUK nie betyds sy kontrak met Danie Odendaal, die vervaardiger, hernu nie, berig City Press.

Die akteurs en tegniese span is vandeesweek skriftelik hieroor in kennis gestel. “Die realiteit is dat ons nie ʼn program aan die SAUK kan lewer indien ons nie ʼn kontrak het nie,” lui die brief. “Danie Odendaal Produksies het nie genoeg kontantreserwes om onbepaald voort te gaan nie.”

Die vervaardiger is glo mondelings deur die SAUK in kennis gestel dat die kontrak hernu sal word. “Ek glo dit is net ʼn administratiewe oponthoud,” het Libbie Nel, woordvoerder van 7de Laan, aan City Press gesê. “Dit is een van die suksesvolste programme op SABC2 en ek kan aan geen ander rede dink waarom die kontrak nie hernu sal word nie.”

Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, het egter aan City Press gesê daar is geen kontraktuele probleme tussen die SAUK en 7de Laan nie.

Volgens City Press was alle personeellede van 7de Laan onlangs met vakansie. “Die weeklange breuk in Augustus is al ‘n instelling, aangesien die vervaardigers gewoonlik teen einde Augustus probleme verwag met die kontrak,” berig die dagblad.

ʼn Bron het glo aan City Press gesê die program is baie duur. “Die begroting is verlede jaar gesny met die gevolg dat talle personeellede geen verhoging verlede jaar ontvang het nie.”

7de Laan is al 14 jaar lank op die kassie en het meer as 2 miljoen kykers. Die reeks word sowat twee tot twee en ʼn half maande vooruit geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trippie ·

Nie hierdie “girl” nie – skakel nie eers my televisie aan nie (in geen jaar nie).

Blanke Boerevolk ·

Dankie tog. Die rasse mengery en die gesuipery grief my. Geen voorbeeld vir my kinders nie. En die dat Marko en somige akteurs swart tale praat haat ek soos pes. 7de Laan is n slegte invloed op ons “ware” Blanke Boerevolk. Haal die gemors af

Trippie ·

Dis juis as gevolg van die gehoer-en-rumoer tussen die mengery wat ek ophou kyk het …

Seg Net ·

Blanke Boerevolk, Verstaan nie wat jou probleem is met ‘n Blanke wat ‘n swart taal magtig is nie. Ek praat Tswana en ek kan jou seg ek het ‘n helse voordeel bo jou. So ook alle Blankes wat ‘n swart taal magtig is. Dit is een moerse groot voordeel.

Ncede (my Zulu naam) ·

Zulu was my heel eerste taal, ek praat dit steeds vlot ( ek is nou 77 !) My nog net altyd tot voordeel gewees. Terloops ek is ‘n blanke tannie en het regtig baie vriende onder die swart gemeenskap. Nog nooit met hulle probleme gehad nie net baie respek teenoor my.
Wat het dit nou eintlik te doen met 7de Laan??
Skat die ‘remote’ is jpune in jou hande, skakel oor of af as jy nie van programme hou nie

valerie pieterse ·

Ek is so bly die seepie maak klaar ek dink ‘n 5 jarige kan beter stories uitdink

rentia ·

Dit sal ‘n jammerte wees as dit moet eindig, dit het al instelling geword elke aand vir 7e Laan!!!!

rentia ·

7e Laan is ‘n realiteits sepie, so wat daarin gebeur gebeur in die land, hukom vir kinders as jule dit so noem wegsteek, dis baie opvoedkundig! Die dwelm storie glo my dis oral en so maak hul ouers bewus om na tekens te kyk! Neewat ek sal dit kyk elke aand, ek geniet my 7e Laan baie!!!!!!!!!!!

Trudie ·

Kyk jare al nie meer na die gemors, maar as ons saans TV aansit om nuus te kyk, vang ons altyd net die stert gedeelte. Wat ‘n helse, deurmekaar geboerdery. Nee wat, ek hoop van harte hy kom tot ‘n einde en kan ons na iets beters begin kyk.

Seg Net ·

Nee magtig mense indien jy 7de Laan wil kyk, kyk dit. Indien nie los dit.Elke persoon het sy eie keuses en voorkeure. Daar is baie goeie en baie slegte programme op TV. Ek kyk TV. wat is daarmee fout? Al fout wat ek daarmee vind is dat my TV lisensie vir baie jare nie betaal is nie. Of is dit ‘n fout?

Rene ·

Ons hele gesin geniet 7 de laan Daar is baie ander slegter invloede wat die kla kouse seker geniet sonder om n woord te rep.Dis net n storie

Seg Net ·

Rene presies my punt. Indien iemand iets geniet op TV waarom nie daarna kyk nie. Al mal kan nie dieselfde smaak hê nie. So kyk party rugby, ander tennis en ander golf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.