Prof. Jakes Gerwel oorlede

Prof. Jakes Gerwel

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media24, is vroeg vanoggend in die ouderdom van 66 oorlede.

Volgens Gerwel se familie is hy vroeg Woensdagoggend by die Kuilsrivier-hospitaal oorlede. Sy vrou, Phoebe, het Maandag bevestig dat prof. Gerwel ná ʼn hartoperasie Sondag in ʼn kritieke toestand was. “Die Gerwil-gesin vra dat hulle privaatheid vir die volgende paar dae gerespekteer word. Besonderhede oor sy begrafnis sal binnekort bekendgemaak word,” het die gesin in ʼn verklaring gesê. Gerwel was ook die kanselier van die Rhodes-universiteit, ʼn nie-uitvoerende direkteur van Naspers en Old Mutual en ook ʼn voormalige direkteur-generaal in oud-president Nelson Mandela se kantoor. Hy het ook op die direksies van verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.