‘Profeet’ en vrou vas vir verkragting

ʼn Selferkende 47-jarige profeet en sy vrou is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn Gautengse vrou.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou is glo vroeër die dag deur die profeet in Zondi, Soweto, verkrag.

“Die vrou was by die profeet vir ʼn konsultasie. Hy het aan haar gesê dat sy seks met hom moet hê as sy genees wil word. Die vrou het geweier waarop die profeet vir haar gesê het hy sal vir haar moetie gee om haar te help,” het Makhubela gesê.

 

Die man het na bewering ʼn wit poeier oor haar gesmeer wat haar bedwelm het. Die profeet het sy vrou, 48, beveel om die slagoffer na ʼn kamer te neem en te ontklee. Hy het haar toe vermoedelik verkrag terwyl sy vrou toegekyk het.

“Albei verdagtes is in hegtenis geneem en moet Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn,” het Makhubela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.