‘Profeet’ Kobus van Rensburg begrawe

Kobus van Rensburg Foto: Facebook

Kobus van Rensburg Foto: Facebook

Ondanks die familie en lidmate van Spirit Word Ministries se geloof dat die selfverklaarde profeet Kobus van Rensburg uit die dood sou opstaan, is hy Vrydag uit dié kerk in Stilfontein in Noordwes begrawe.

Die diens, soos alle ander dienste van die gemeente, is regstreeks op DStv uitgesaai. Lidmate het die gemeente op Facebook bedank vir ʼn “roerende” diens.

Spirit Word se webwerf het aangedui die diens sal op 27 Desember om 10:30 plaasvind “as hy nog nie teen Vrydag terug is nie”.

Van Rensburg is op 21 Desember omstreeks 03:30 dood ná ʼn lang stryd teen kanker. Van Rensburg was ʼn outeur, televangelis, omstrede “geloofsgeneser” en stigter van Spirit Word-bedieninge. Volgens sy bediening was lewe en dood ʼn keuse, en mense kan kies om vir ewig te leef sonder om te sterf. Klik hier om meer te lees.

begrafnisdiens kobus van rensburg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

nikolaas pienaar ·

Ek reken hulle hom ‘Profeet’ omdat ‘charlatan’ te moeilik om reg te spel is

GaiweM ·

So hy het gekies om op 21 Desember 2013 omstreeks 03:30 dood te gaan. Wonder of hier nog plek op die Aardbol sou gewees het indien ons ‘n keuse gehad het om te sterf of nie?
Belaglik en dit vir iemand wat kastig in die Here glo?
Hierdie man het ‘n besigheid bedryf en geld gemaak. Hy was soos die handelaars in die Sinagoge waarvan die Here die tafels omgekeer en uitgedryf het.

Marie ·

Dalk het hy dit dieper bedoel: ek kan kies of ek leef of sterf terwyl ek hier is, wat beteken dat my lewe spreek van lewe of dood….dit is n keuse. Party is mos “dood” al leef hulle. 2. Ja, dis my keuse om te besluit of ek eendag hel (dood) toe wil gaan of hemel (lewe). Dalk het hy dit so bedoel……

Laetitia Pretorius ·

Ek stem saam met Deon. Ons het geen reg om ‘n oordeel uit te spreek teenoor enige mens nie. Dit is die Here se werk! Ek glo dat die Here sy familie en die wat agterbly vir Sy werke goed gaan gebruik! sterkte en seënwense vir die familie in Jesus Naam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.