“Profeet” Kobus van Rensburg sterf

Kobus van Rensburg Foto: Facebook

Kobus van Rensburg Foto: Facebook

Die selfverklaarde profeet, Kobus van Rensburg, is Saterdagoggend omstreeks 03:30 dood ná ʼn lang stryd teen kanker.

Van Rensburg was ʼn outeur, televangelis en omstrede “geloofsgeneser”. Hy was die stigter van Spirit Word-bedieninge. Volgens sy bediening was lewe en dood ʼn keuse, en mense kan kies om vir ewig te leef sonder om te sterf. Hy het ook geglo dat mense vooruitstrewend kan leef deur Bybelse finansiële beginsels na te volg.

Van Rensburg se volgelinge glo vas hy sal soos Lasarus in die Bybel uit die dood opstaan. Sy lyk is na die kerkgebou by Stilfontein geneem, sodat lidmate vir hom kon bid. “Ons neem Profeet se liggaam na Spirit Word as iemand wil bid,” het die gemeente op hul Facebook-blad geskryf.

James Swift van Pneuma Pathways-gemeente in Centurion het sy medelye betoon met Van Rensburg se naasbestaandes. “Ek is baie hartseer oor Kobus van Rensburg se afsterwe,” het Swift aan Maroela Media gesê. “Alhoewel ek en meeste van die liggaam van Christus nie met Kobus se sieninge saamstem nie, is dit ‘n hartseer dag wanneer ‘n man met soveel invloed in die koninkryk sterf. Ons bid vir sy gesin, geliefdes en gemeente in hierdie moeilike tyd.” Swift het ook uit die Bybel aangehaal:

Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.” -Romeine 6:8-11

Joost van der Westhuizen, die oud-Springbok wat aan die terminale en ongeneeslike motorneuronsiekte (MNS) ly, het in September ʼn diens by Spirit Word bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elize Mans ·

Hierdie man is nie Jesus nie,Julle kan maar bid dat julle blou word.Mense wat mense gesond bid,moet n geloof he.Maar dit wat nou gedoen moet word,nee ek glo nie.
Hulle moes vir hom gebid het toe hy nog geleef het,om gesond te word.Nou is dit klaar te laat.

Pieter Cloete ·

Elize Mans se dat as jy iemand will opwek uit die dood moet jy geloof he maar gaan sy voort “nee ek glo nie, moes gebid het toe hy nog geleef het, dit is nou te laat”. Elize dit is omdat ons nie geloof het nie daarom dat ons nie bereid is om vir iemand te bid nie. Nie omdat dit nie moontlik is nie, maar omdat ons nie die Woord glo nie. Gooi weg jou bybel want die bybel is vol van soortgelyke beloftes van genesing en opstanding. Die bybel het vir jou geen waarde nie. Dit is bygese as jy ooit een het

Karien Smith ·

Ek dink dat geen een van ons enige iemand mag oordeel nie, en indien jy nie presies weet wat Kobus van Rensburg in elke preek in konteks gese het nie, kan jy nie oordeel nie. Sy familie gaan deur hel oor kersfees en die dinge wat mense kwyt raak is hardverskeurend om die minste te se. Ek weet vir ‘n feit dat ‘n ware kind van God dit nie aan ander sou doen nie, want Jesus leer ons van kompasie en liefde. Iets wat Kobus van Rensburg baie van gehad het

Gemsbok ·

As Christene vind ons dit maar moeilik om nie ons tentpenne te diep in hierdie tydelike, sondige wêreld in te slaan nie.

Pieter ·

Sorry Kobus en trawante. Hy was nog besig met die kaping in Mosambiek.

Marius ·

Joh. 8 staan daar; Jy sal die waarheid ken en die waarheid sal jou vrymaak. Hier het ons te doen met ‘n groep mense wat in ‘n waarheid glo en dit maak hul vry, en niemand gaan hul denkrigting verander nie. Net so is daar weer baie ander groepe mense wat weer ‘n ander waarheid aankleef en dit maak hul weer vry. In ‘n tydperk waar ons alle groepe respekteer, kom ons maak dan maar so en laat die mense glo wat hul wil, niemand gaan hul verander nie en niemand gaan jou verander nie.

Pieter ·

Elize, sê jy dat gebed nie werk nie? Wat van as een van die mense wat bid geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie?

WithGodYouNeverKnow ·

EK was so nou en dan skepties oor Kobus. Maar elkeen het die reg om hulle geloof uit te oefen soos hulle wil. Net omdat ons nog nooit iemand uit die dood sien opstaan het nie, beteken nie dit kan nie gebeur nie. Paulus het die man wat uit die venster geval het uit die dood uit gebid tot lewe (Handelinge) die Woord se dat ons dieselfde dinge as Jesus sal kan doen (siekes genees, duiwels uitdryf, dood lewend maak) selfs groter.

Alta Badenhorst ·

God beskik oor lewe en dood!Soms se Hy ja en soms se Hy nee! Ons weet nie altyd hoekom nie,maar mag ook nie Sy wil bevraagteken nie.Ek sal die Here altyd loof en prys tenspyte van Sy besluite.Ek sal altyd geloof en hoop he,want ek weet Hy is in beheer!

Marie ·

Ek ken h om nie persoonlik nie, net een of 2 keer gesien, maar baie geluister. Hy het God Drie-Enig en God se woord geken!!!!! As ander mense hom misverstaan het, is dit nie sy skuld nie. As hulle hom wil laat herrys soos Lasaus, is dit nie sy skuld nie. Ek het baie en nogal “krities” geluister. Hy het Woord gespreek. Ek was mal oor sy Bybelstudie-metode van doen. As hy hande opgele het, tale gespreek het (soos die Bybel) dit beskryf, is daar geen fout nie. Ek gaan nie te veel verduidelik nie, maar die mense wat hierdie “goed” beoefen , weet waarvan ek wil praat. Hy het nie op homself staat gemaak nie en nooit mense belowe dat hulle gesond SAL word nie. Hoekom se ek so? Jesus het self net gereageer as God vir Hom die opdrag gegee het….en mense het gesond geword. Ander is gered deur hul eie geloof – nie deur (selfs) die dominie of pastoor) se geloof nie! God doen die genesing; nie die leraar nie. Baie van ons is/was grootkerkmense. Ons was/is nie geskool in hierdie goeters nie, daarom het ons nie kennis nie. Ek het NOOIT gehoor dat hy alles tot sy eie eer gedoen het nie. Ek stem, die wat hom uit die dode wil bid: hy sal nie HIER opstaan nie. Dan ken julle nie God se Woord nie. Maar as God iemand hier wil laat opstaan, sal HY. So by the way, waar is daai omie van een of ander klein Vrystaatse dorpie wat al n paar keer “opgestaan ” het? Hoor nou niks!

Elize ·

Kan ek asseblief net vra – waarom in hemelsnaam moet julle berig dat Joost vd Westhuizen een van sy dienste besoek het – verduidelilk net asb. Wat het dit met Kobus vd Westhuizen se afsterwe te doen. Dit is net so een sinnetjie wat bygevoeg is tot die hele artikel. Mense, mense, mense, asb.

Pieter Cloete ·

Elize Mans se dat as jy iemand will opwek uit die dood moet jy geloof he maar gaan sy voort “nee ek glo nie, moes gebid het toe hy nog geleef het, dit is nou te laat”. Elize dit is omdat ons nie geloof het nie daarom dat ons nie bereid is om vir iemand te bid nie. Nie omdat dit nie moontlik is nie, maar omdat ons nie die Woord glo nie. Gooi weg jou bybel want die bybel is vol van soortgelyke beloftes van genesing en opstanding. Die bybel het vir jou geen waarde nie. Dit is bygese as jy ooit een het

James Potgieter ·

Ek salueer jou Kobus.Jy het Jesus Christus verteenwoordig op hierdie aarde wat ek nog in GEEN Leier ooit kon gesien het nie.Ek gaan jou mis maar jou LEGACY sal voort leef tot in alle ewigheid

jonathan ·

Kobus was n GODSMAN met die meeste openbarings kennis wat nog die aarde bewoon het.

Deur sy wysheid , toewyding aan die Bybel het hy miljoene Christus volgers se krag en posisie in God hervestig en die duiwel wat ons soos apies aan ons sterte rongeswaai het, n les geleer.

Die klomp wat hom teestaan moet meer bybel lees en dalk ook n openbaring vir wie ons in Christus is kry en dalk iets beteken vir die Koninkryk.

Hy is onvergelykbaar en ek is so trots dat ek as Afrikaner man kan se, hy was my mentor.

Hy het miljoene mense uit finansiele armoede, geestelike armoede etc gebring….my besigheid prosper as gevolg van sy kennis oor finansies in die Woord….

My hart is seer dat klomp klipgooiers nou opstaan,…waa is julle liefde en medelye vir sy vrou en seuns wat sonder n pa is.

Kobus ….jy was die beste nog ooit…n boerseun met n Bybelkennis soos jy is die antwoord teen die duiwel…..mag daar nog sulkes nou opstaan….baie baie dankie vir wat jy vir my beteken het.

En die LIEFDE VAN JESUS aan jou…..

Boet Knouwds ·

Ons moet net oppas dat ons nie mense verafgod nie.Die man is nou dood en daar is n hartseer familie wat agter bly. Ek stem nie saam met prosperity godsdiens nie en niemand kan God manipuleer nie, vir Hom is die geestelike mens belangrik en aan die liefde wat julle uitstraal sal julle geken word, m.a.w die bybel se God is gees en se ook God is liefde, wat se dit vir ons, ons moet strewe na geestelike groei en moet ons naaste liefhe soos onsself,wat se dit vir ons? Ons moet strewe na die dinge daarbo en nie vir onsself lewe nie om soos Paulus te kan se. vir my is die lewe Christus en die sterwe wins m.a.w sterf in ons eie ek, dan eers kan ons lewe na Sy wil deur die krag van die Heilige Gees.Pieter Cloete jou woorde klink veroordelend i.p.v. om met Elize in liefde te verskil klink dit nie so nie, ek sou met dieselfde woorde aan my gerig nie Jesus liefde ervaar het nie

Louis Erasmus ·

Ons weet waar Kobus is, dit is God se wil dat Kobus die gedeelte uitleef “I am the resurrection, and the life: he that believeth in me, though he were dead, yet shall he live:” maar daar sal`n tyd kom dat hierdie woorde van Jesus sal waar word, hoekom? Omdat Jesus dit gesê het ”  and whosoever liveth and believeth in me shall never die. Believest thou this?”Johanes 11:25-26

Vir al die persone wat God wil speel, om oor iemand anders (God) se dienskneg te wil oordeel (Rom 13) wees gewaarsku  “Judge not, that ye be not judged. For with what judgment ye judge, ye shall be judged: and with what measure ye mete, it shall be measured to you again.” (Mat 7;1-2)

Profeet Kobus rus in freede tot ons weer ontmoet met die wederkoms van ons verlosser Jesus God se Chrustes.

Peet Delport ·

Kobus dankie dat jy nie skaam was vir die goeienuus aangaande Christus nie! 2Tim1:8. Jy het net die woord van God gebring en die wat dit geglo en hul eie gemaak het is bevoordeel Vrede en lefde bid ek vir Annelise en seuns. Hou aan met die waarheid, en onthou Tim 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word en 1 Thes 4:13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

Peet en Linda

T ·

Ek is baie teleurgestel hoe mense dink.Daar is n spreek woord dat ons Christus moet vrees.Ek wil net aan die mens se dat as jy iemand aanvat wat n salfing (anointing)op hom lewe gehad het vas vat, jy gaan antwoord gee aan God.Kobus was n man van God,gebore uit die heilige gees.wanneer n mens in die donker is sal jy nooit die lig kan sien of verstaan nie.We need to change the way we think ,all those with negative words need to ask forgiveness from God and guidance and understanding.Ek hou van die skrif in Johannes:As die wereld julle haat,weet net dat hy My voor julle reeds gehaat het.As julle uit die wereld ontstaan het sou die wereld julle as sy eiendom liefgehad het.Die wat nog wil negatief praat oor die man van God dink voor jy praat.Daar is lewe en dood in die tong.En weet net dis nie Kobus wat die genesings gedoen het nie maar die Helige Gees deur Kobus,omdat hy homself afgestaan het vir die werk van God.Geseend is sy familie in Jesus naam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.