Professor ontken dat hy verstandelik gestremde seun verkrag het

ʼn Professor van die Wes-Kaap het Woensdag in die Oudsthoorn-streekshof verskyn op aanklag dat hy sy verstandelik gestremde peetseun verkrag het.

Die professor (68) is op R500 borgtog vrygelaat en moet op 7 Desember weer in die hof verskyn. Hy is aangesê om sy 31-jarige seun nie te kontak nie. Hy het onskuldig gepleit op die verkragting en seksuele aanranding van die man gedurende Desember 2010 en Februarie 2012. Tjaart van der Linde, ʼn kliniese sielkundige, het aan die hof gesê die seun sukkel om te kommunikeer en het die verstand van ʼn 10-jarige kind.

Die professor is die voormalige hoof van ʼn opleidingsentrum vir volwassenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.