Projek hou voete plat op die aarde

CJ Joubert, Andrea Ramnath, Nina Attfield en Johnathan Attfield

ʼn Skolier  van Pretoria was keelvol vir die manier waarop haar buurt verwaarloos word en het besluit om iets ‘groens’ daaraan te doen.

Nina Attfield, ʼn graad-11 leerling aan Cornwall Hill College in Irene, se projek staan bekend as Walk to School. Die projek se doel is om bewustheid van die omgewing en rommelstrooiery te skep.

Attfield en ʼn groep vriende het Vrydagoggend vir die eerste keer bymekaar gekom en die sowat 1,2km skool toe gestap. Foto’s van rommel en tekens van verwaarlosing is al langs die pad geneem, wat aan die Tshwane-metro gestuur gaan word. “Deur te stap eerder as om te ry, word uitlaatgasse ook verminder en só kan elkeen sy koolstofvoetspoor verminder,” het Attfield gesê.

“Ek hoop dat die projek die aandag op die rommelprobleem en algemene instandhouding in my voorstad sal fokus,” het sy gesê.

Attfield beplan om elke laaste Vrydag van elke maand so ʼn prettige, maar doelgerigte, uitstappie te onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.