Prokureur dagvaar polisie

Martin Hood, ʼn Johannesburgse prokureur, het Maandag gesê hy gaan die polisie dagvaar nadat hy glo vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem is.

Hood, die regsverteenwoordiger van die SA Gun Owners’ Association, is Vrydag by die Fairlands-polisiestasie in hegtenis geneem tydens ʼn vergadering met ʼn ondersoekbeampte.

Hy het ʼn kliënt verteenwoordig wat aangemeld het dat hy sy vuurwapen tydens ʼn aanval verloor het. Hood sê hy is in hegtenis geneem omdat sy kliënt nie saam met hom by die stasie was nie.

Die kliënt het Hood se hulp ingeroep om ʼn verklaring op te stel nadat die kliënt gehoor het die polisie neem ʼn persoon outomaties in hegtenis vir nalatige verlies van ʼn vuurwapen, ten spyte van die omstandighede. Hood is na die stasie nadat die polisie na bewering sy kliënt twee keer voorheen “geboelie” het.

“Polisie-intimidasie gebeur met te veel mense op te veel geleenthede. Die minster van die polisie moet sy werknemers se gedrag kom verdedig,” het Hood gesê.

ʼn Woordvoerder van die Gauteng-polisie het gesê hulle sal later vandag oor die voorval kommentaar lewer.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E J Otto ·

Nou toe nou Dis nou nice! n MAN wat the untouchables aanvat! Hoogtyd dat iemand hul tot verantwoordelikheid roep! Die mees onbeholpe klomp wat ek in my lewe gesien het maar soos foxterries as jy net iets se!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.