Prokureur van Gauteng ry glo te vinnig kerk toe

ʼn Prokureur is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens op die Mabopane-snelweg, noord van Pretoria, oortree het, het die verkeerspolisie in Gauteng gesê.

Die 29-jarige was op pad kerk toe, toe hy 201km/h in ʼn 120km/h-sone gery het, het Busaphi Nxumalo, woordvoerder, gesê. “Hy het geen geldige rede gehad nie, buiten dat hy laat was vir ʼn kerkdiens.” Die prokureur is na die polisiestasie in Akasia geneem, maar is later op gratis borgtog vrygelaat. Hy sal Dinsdag in die landdroshof in Pretoria Noord verskyn op aanklagte van roekelose bestuur en of nalatige bestuur en ʼn alternatiewe klag dat hy die spoedgrens oorskry het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.