Prokureur vas oor ‘omkopery’

‘n Prokureur is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n ondersoekende beampte omgekoop het.

“Bonginkosi Ngcobo (49) is Maandag in die Umzinto-gebied in hegtenis geneem,” het kaptein Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. Ngcobo het glo ‘n ondersoekende beampte van die Umzinto-speurdertak gekontak en hom versoek om nie borgtog teen sy kliënt, wat van kaping aangekla word, teë te staan nie, berig SowetanLIVE. Ngcobo het glo die ondersoekende beampte omkoopgeld van R5 000 aangebied.

“Die ondersoekende beampte het die saak by die Port Shepstone georganiseerde misdaadeenheid aangemeld en ‘n ondersoek het tot die inhegtenisneming gelei,” het Zwane gesê. Die polisie het beslag gelê op R3 000 wat glo gebruik is om die beampte te probeer omkoop.

Ngcobo het Maandag in die landdroshof in Umzinto verskyn en is op R5 000 borg vrygelaat. Hy is van omkopery beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.