Peter Brian Viljoen (69) wat van bedrog teen die departement van arbeid verdink word, het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.
Viljoen, van Alberton, is in Oktober 2010 in hegtenis geneem nadat hy glo meer as R80 000 se bedrog gepleeg het. Viljoen het glo ‘n eis by die departement se vergoedingsfonds ingedien dat hy ‘n prostese aan ‘n pasiënt verskaf het wat glo deur ‘n mededinger verskaf is. Hy is na sy inhegtenisname met ‘n waarskuwing vrygelaat.
Die saak is tot 8 Maart volgende jaar uitgestel.