Prostitute se klag afgekeur

Foto: www.madikazemi.blogspot.com

Foto: www.madikazemi.blogspot.com

ʼn Klag wat namens twee prostitute ingedien is wat aanvoer dat hul menswaardigheid en privaatheid geskend is toe ʼn program op SABC 1 oor hulle uitgesaai is, is deur die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) van die hand gewys.

Die twee vroue, wat as straat-sekswerkers beskryf is, het volgens die klag hulself in die verleentheid gestel in die program “Now or never” wat op 6 Junie uitgesaai is. Die Tshwaranang Legal Advocacy Centre (TLAC) het die klag ingedien.

Die spesifieke episode het gehandel oor prostitute wat besluit het om die bedryf te verlaat.

TLAC sê volgens die vroue is hulle “ten aanskoue van die publiek” op die program vertoon. Volgens die twee vroue was hulle nie daarvan bewus dat hulle afgeneem word nie en dat hulle nie toestemming verleen het om afgeneem te word nie.

Die uitsaaier het in reaksie op die klag aangevoer hy het baie navorsing en beplanning vir die program gedoen wat handel oor ʼn vrou, Bongiwe Nkwalase se pogings om haar lewe as ʼn prostituut af te sluit. Die program het glo van wyelens-kameras gebruik gemaak om die identiteit van enigiemand wat deel uitgemaak het van Nkwalase se “omgewing”, te beskerm. “Elke wye skoot is van ʼn afstand verfilm om ʼn breë perspektief oor die naglewe te bied en is nie ʼn persoonlike aanslag teen enige individu nie. Daar was geen beplande materiaal of ‘doelbewuste’ poging om enige van die klaagsters uit te sonder nie.” Volgens die uitsaaier was nie een van die klaagsters duidelik te sien in die vlugtige skoot nie en sou mens hulle nie maklik kon uitken nie.

Die UKKSA het bevestig hy het ʼn opname van die program gesien. Die twee vroue was nie by die verhoor nie en die kommissarisse het nie geweet hoe hulle lyk nie. “Ná die opname het ons besef dat daar nie ʼn enkele toneel was waar ʼn mens duidelik vroue sou kon uitken nie,” het die UKKSA in sy uitspraak gesê.

Die kommissarisse het die program vir ʼn tweede keer gekyk en was steeds “in die duister” oor die identiteit van die vroue.

“Ons kan nie anders as om tot die besluit te kom dat die vroue, wat die klag ingedien het, in alle waarskynlikheid nie deur iemand uitgeken sal word nie.”

Die UKKSA sê hy aanvaar ook die uitsaaier se verduideliking dat daar geen doelbewuste poging was om die vroue uit te sonder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Erich Goosen ·

Hul is op TV ten aanskoue van die publiek vertoon? Hoe verskil dit daarvan dat hul hul ware op straathoeke uitstal? Laat my dink aan die berig ‘n tyd gelede toe sekere Dames van die Nag hul werkgewer CCMA toe wou neem omdat hul te hard werk en te min betaal word. Sal graag wou weet hoe word die Dames se produktiwiteit gemeet?

vuurvreter ·

Dames van die nag!!!! Hier is goeie raad vir julle verniet. Strike en march met stokke takke en kondome. Glo my dit werk want kyk dit werk in alle sektore.

Seg Net ·

Dankie Maroela dat julle my kommentaar verwyder. Ek dink ek is klaar met julle. Sal miskien nog een keer probeer.

Boere-meisie ♡ ·

Jou comments word verwyder want die waarheid maak seer ! Ek kom agter jy word soos ‘n valk dopgehou. Ek’s seker die alarms gaan af by Maroela wanneer jy comment op enige berig.

JAVR ·

Ja dis baie frustreerend! Ek is nogal geneig om met Segnet saam te stem!

InaT ·

Ek verstaan nie hoekom hulle kla nie? Dis gratis publisiteit? Nogal op TV? Weet hulle wat kos dit om jou produk op tv te adverteer??

Jasper ·

Maroela kom verwyder hierdie waarheid ook.

Tot in ons Bybel word hul beroep verag en word hulle hoere genoem.

vuurvreter ·

Boere meisie my kommentaar verdwyn soos mis voor die son. Eks seker maroela slaap met n buzzer en elke keer as hy lui druk hulle DELETE.

JAVR ·

Wha ha ha ha !!!! Hulle “privaatheid” is geskaad!! Hoe kan julle dit doen! Ek ry elke aand by ‘n paar verby in een spesifieke straat en laat ek julle sê hulle kan in ‘n hele skare staan wat nog “privaatheid” het en jy sal hulle uitken. Een staan op die kerk se stoep en durf daarnatoe kyk!!!! Sy nooi jou en wie ookal saam met jou is om haar “privaatheid” te besigtig!

JAVR ·

Nee gedink hulle gaan ‘n paar rand maak sonder om hulle werks implemente te gebruik. Dan het hulle tyd omo die eelte as te skuur met daai hakskeen klippe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.