Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Prostitute het glo ‘n Durbanse dokter se hotel verlaat wanneer personeellede hulle ingelig het dat hy ‘n besoek gaan aflê, het die Durbanse streekshof Maandag gehoor.

Yvonne Dudu Shinga, staatsgetuie, het as ‘n ontvangsdame by dr. Genchen Rugnath se hotel in Durban se Punt-gebied gewerk. Sy het aan die hof gesê die bestuurderes by ‘n ander hotel, wat ook aan Rugnath behoort, sou haar bel en waarsku om die hotel “skoon te maak” voordat hy opdaag.

Shinga het onder kruisverhoor gesê die prostitute, wat as “Sandile se meisies” bekend gestaan het, het die hotel se ontvangs verlaat en op die hoek van die straat gaan staan langs die perseel van ‘n besigheid wat bakkie-afkappe vervaardig.

Dr. Rugnath, sy vrou Ravina en drie ander mense word van mensehandel beskuldig en dat hulle ‘n bordeel bedryf het waar kinders so jonk as 12 jaar oud aangehou is. Die ander drie persone is Sandile Patrick Zweni (36), Nonduzo Dlamini (24) en Bhabha Dubazini. Al vyf persone het onskuldig gepleit op 156 aanklagte, insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ‘n kind en swendelary.

Rugnath besit die Down Town Lodge en die Inn Town Lodge waar die vermeende misdade plaasgevind het.

Staatsaanklaer Yuri Gangai het vroeër in die dag aansoek gedoen vir een dag uitstel om Shinga toe te laat om haar geheue te verfris oor haar vorige getuienis, aangesien sy ses maande laas in die getuiebank verskyn het. Landdros Simphiwe Hlophe het die aansoek van die hand gewys.

Die saak, wat tot April uitgestel is om die Rugnaths tyd te gun om nuwe prokureurs aan te stel, sal na verwagting regdeur September voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Nee jinne, waarom kinders betrek by so smerige, morsige bedryf.

SwartMag ·

Madame Trippie dit is nie mooi dat kinders betrek word nie, maar die meeste mense wat van kinder prostitusie beskuldig word is blankes, ongelukkig u kleur ook, vermoed ek. Advokaat Barbie? Lui dit ‘n klokkie? Onthou my aanbod staan nog.

Trippie ·

Praat, ek luister, watter aanbod ?

NS: Korrek, indien jy my ooit opspoor op enige berig, sal jy sien ek het gese, ongeag velkleur, Barbie INKLUIS, moet vir ewig toegesluit word. Ek verag enige vorm van mishandeling, hetsy kind / vrou en in sommige gevalle, mans ook.

Kinders is weerloos.

SwartMag ·

U is ‘n vrou van inbors madam Trippie en ek admireer u vir dit. Waarom sou u dan sulke kras aannames teen die swartes maak? Kom ek nooi u uit om ‘n naweek in ‘n swart woongebied of plakkerskamp deur te bring naby die plek waar u woon. Ek is by magte om dit baie maklik te reël ongeag waar u u bevind. Soos julle mos altoos se dit is nie wat jy ken nie, maar wie. En ek ken die regering aan bewind, met hulle kaders, eindelik te goed.

Trippie ·

Goeiste, die kans dat ek Mamelodi of Soshanguve binnegaan is … uhm … MINDER AS NUL !

Thanks, but no thanks.

Daar steek hulle mekaar met bierbottels, messe, en enige dinge waarop hulle hul hande kan le.

Nag Mamba, hierdie vrou het in 1994 die kaders deurgekyk, die hele lot STINK.

Willy ·

Uit die eerlike fooie wat ‘n dokter verdien kan hy seer sekerlik nie twee hotelle bekostig nie. Vyf persone staar honderd ses en vyftig aanklagte in die gesig! Sluit toe en gooi die sleutel weg.

Seg Net ·

More seg Trippie, ek sien jy het n nuwe bewonderaar? Wie is die ding?

Trippie ·

Goeie more Seg Net en Angelus … nee, ek weet nie wie hy is nie, maar hy is op my spoor.

Hierdie vrou sien kans vir 10 Mamba’s … sê mos altyd, staal het nie dikte nodig nie.

JAVR ·

Weet jy ek dink ons moet hom absoluut net ignoreer en miskien sal hy verdwyn. Hy soek regtig net geselskap en en gaan my nou nie verder met hom bemoei nie want dit is dit regtig nie werd nie! Almal weet hy praat pure str….t. Hy wag seker tot die besigheid toemaak in die aand dat hy op die baas se komper kan sit en twak praat. Seker die cleaner!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.