Johannes Christiaan de Jager (48) wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (18) van Mpumalanga, vermoor het, het Maandag vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn. De Jager se verhoordatum is vir Woensdag bepaal.
Die staat beweer De Jager het Alexander, ʼn sekswerker, op 18 Mei in Parow in 2008 opgelaai, haar verkrag en toe vermoor. Haar liggaam is die volgende dag langs die N7-hoofweg in Philadelphia naby Atlantis gevind. ʼn Nadoodse ondersoek het bevind dat sy verwurg is.
Mare was op vakansie in Kaapstad in Januarie en het by ʼn vriendin in Kraaifontein gebly. Haar vriendin se ma was in ʼn verhouding met De Jager. Op 7 Januarie het die vriendin, die vriendin se ma en De Jager se seun op ʼn bootreis gegaan. Mare en De Jager het alleen by die huis gebly. Volgens die staat het De Jager herhaaldelik probeer om Mare seksueel aan te rand. Mare het haar teen De Jager verset. Toe die gesin op 11 Januarie terugkeer huis toe, was Mare vermis. De Jager het ʼn vermistepersone-saak by die polisie aanhangig gemaak.
ʼn Verkoolde borsgedeelte van haar liggaam is in ʼn afgeleë veld in Kraaifontein gevind. Haar arms en bene is afgesny. Haar hande is in ʼn kartonboks in die motorhuis van hul huis weggesteek en haar voete is langs die N2-snelweg naby Firgrove in Somerset-Wes opgespoor.
Lees ook:
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap
“De Jager” en “Alexander” en “Mare” se voorname?
Dagsê Paul
Hulle name word wel in die eerste paragraaf genoem:
“Johannes Christiaan de Jager (48) wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (18) van Mpumalanga, vermoor het, het Maandag vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.”
Groetnis
Middag Suné : Terwyl jy sopas vir Paul geantwoord het, is daar enige spesifieke rede waarom ons elke keer die Naam* en E-pos* weer moet voltooi alvorens daar gepos kan word ?
Baie dankie, jou antwoord word afgewag.
Dagsê Trippie
Ons vra om verskoning dat iemand nog nie vantevore dié vraag beantwoord het nie. Indien jy op Maroela Media se webwerf inteken as gebruiker, sal jy nie elke keer weer van voor af hoef “in te teken” as jy kommentaar wil lewer nie. Laat weet gerus indien dit nie werk nie, dan kyk ons wat is die probleem!
Groetnis
Baie dankie Suné ! Ek maak so.
Wat word van die jongmense, 18, en sekswerker !
Hierdie gebeure is so grusaam, dit kan mos onmoontlik ‘n “mens” wees wat so-iets aan ‘n mede-mens doen nie.
Middag Sune, Trippie is reg. Kyk of daar nie iets gedoen kan word dat ons nie elke keer naam,epos en webwerf hoef in te tik nie asb. Ja daai man verdien nie die asem wat hy kry nie. Die doodstraf sal te gou wees. Hulle moet hom in stukke opsny op n slag die gemors.
En my kommentaar is verwyder. Is dit omdat ek gese het die man is n puttykop?
Dis nie vloek nie……
Hoe !!! Siek kan n mens wees !!! in die geval is die doodstraf te genadig vir so n mens.
Asseblief, kyk na hierdie man, was hy nie ook bedrywig by daardie skool meisie van die Noorde nie, want hier is ook hande afgesny, volg alles op hy gaan dalk van dorp tot dorp.