Prostituut- en tienermoord: Verhoor begin vandag

Johannes Christiaan de Jager

Johannes Christiaan de Jager

Johannes Christiaan de Jager (48) wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (18) van Mpumalanga, vermoor het, se verhoor begin Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die staat beweer De Jager het Alexander, ʼn sekswerker, op 18 Mei in Parow in 2008 opgelaai, haar verkrag en toe vermoor. Haar liggaam is die volgende dag langs die N7-hoofweg in Philadelphia naby Atlantis gevind. ʼn Nadoodse ondersoek het bevind dat sy verwurg is.

Mare was met vakansie in Kaapstad in Januarie en het by ʼn vriendin in Kraaifontein gebly. Haar vriendin se ma was in ʼn verhouding met De Jager. Op 7 Januarie het die vriendin, die vriendin se ma en De Jager se seun op ʼn bootreis gegaan. Mare en De Jager het alleen by die huis gebly. Volgens die staat het De Jager herhaaldelik probeer om Mare seksueel aan te rand. Mare het haar teen De Jager verset. Toe die gesin op 11 Januarie terugkeer huis toe, was Mare vermis. De Jager het ʼn vermistepersone-saak by die polisie aanhangig gemaak.

ʼn Verkoolde borsgedeelte van haar liggaam is in ʼn afgeleë veld in Kraaifontein gevind. Haar arms en bene is afgesny. Haar hande is in ʼn kartonboks in die motorhuis van hul huis weggesteek en haar voete is langs die N2-snelweg naby Firgrove in Somerset-Wes opgespoor.

Lees ook:
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sarie wentzel ·

Nou dat ek lees,hoe lank wag die mense om te hoor van die dogter wat vermoor is in pta noord,die man het met haar hande geloop na hy dit afgekap het,daar het ook nog niks van gekom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.