“Prostituut” vermoor glo kliënt wat nie wou betaal

Argieffoto

Polisiebeamptes van Pretoria moes Saterdagmiddag ʼn vermeende prostituut red van ʼn groep mense wat haar wou stenig omdat sy ʼn man, wat haar glo nie vir haar dienste wou betaal nie, met ʼn mes doodgesteek het.

ʼn Polisiebron het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 16:00 in die weste van Pretoria plaasgevind.

“ʼn Vrou, wat vermoedelik ʼn prostituut is, het na bewering ʼn man met ʼn mes vermoor omdat hy haar nie wou betaal nie,” het die beampte gesê. Die gemeenskap het van die moord uitgevind en wou die vermeende prostituut stenig vir die man se dood. Die polisie is ontbied en het die vrou van die skare gered. Die vrou is in ʼn ernstige toestand na die Kalafong-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Sy word onder polisiebewaking aangehou. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre Wilmans ·

Another reason that specific locations for legalised prostitution should be put in place. This wont happen ‘coz the cop’s will then be openly seen at these places and they also wont beable to blackmail the ladies for free sex. See it all the time in Benoni!

Boertjie ·

…Men jou met die varkkos, dan raak jy varkkos.
Die polisie moenie hul tyd eers met dit mors nie, baie belangriker dinge as dit om op aandag te gee…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.