Proteakaptein geskors

AB de Villiers. Foto:cricket365.com

AB de Villiers sal die res van die Nieu-Seelandse kriekettoer na Suid-Afrika misloop nadat hy, weens sy span se stadige boulwerk, vir twee wedstryde geskors is.

Francois (Faf) du Plessis neem die kapteinskap oor. Die Protea-boulers het erg drooggemaak en altesaam 18 foutballe en wydlopers afgestuur. Dit het die Kiwi’s drie bykomende boulbeurte besorg, maar nie verklaar hoekom die tuisspan die wedloop teen tyd met ses boulbeurte misgeloop het nie. Die res van die span is ook met 100% van hul wedstrydfooie beboet.

Dit is die eerste keer in twee jaar dat die Proteas volgens die spanbestuur met die boultempo vasbrand. Die piesangboer, David Miller, is in De Villiers se plek vir die oorblywende twee wedstryde in die groep ingesluit. Die Proteas kom môre in Kimberley in die voorlaaste wedstryd teen die Kiwi’s te staan. Hulle moet die wedstryd wen om nog ‘n sê in die reeks van drie te hê.

Bolandpark in die Paarl waar Saterdag se wedstryd beslis is, is berug daarvoor dat die wen van die loot in sommige wedstryde die uitslag kan bepaal. In hierdie geval het die Kaapse hittegolf vereis dat die blad tot kort voor die wedstryd natgelei moes word, en die span wat eerste moes kolf sou altyd ‘n opdraande stryd hê. Die Kiwi’s het die loot gewen en die Proteas laat kolf op ‘n blad wat veral aanvanklik vroeg vol draadwerk was, maar mettertyd genoegsaam sy kinkels kwyt is sodat die besoekers se sterkantkolwers die knoop kon deurhaak.

Intussen is die groep van 13 vir die komende toetsreeks teen Pakistan bekend gemaak.

Hulle is: Graeme Smith (Cape Cobras, k), Hashim Amla (Dolphins), AB de Villiers (Titans), Faf du Plessis (Titans), Dean Elgar (Knights), Jacques Kallis (Cobras), Rory Kleinveldt (Cobras), Morné Morkel (Titans), Alviro Petersen (Lions), Robbie Peterson (Cobras), Vernon Philander (Cobras), Jacques Rudolph (Titans), Dale Steyn (Cobras).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LOUIS JORDAAN ·

Ons boulers was vrot.Iemand wat meer as 30 lopies afstaan is eenvoudig net nie goed genoeg.Ek kan ook nie verstaan dat n bouler wat in 1 beurt meer as 10 afstaan wragtig weer daarna nog boul nie.Ons het van die begin dit as n grap beskou en ons was toe die grap hierna.Maak plek vir KALLIS of verloor die volgende wedstryd ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.