Proteas klop Australië in eerste toets

Die Proteas het Australië Vrydag met agt paaltjies geklop om 1-0 voor te loop in die reeks van twee toetse.

Die toets het kort voor middagete op die derde dag geëindig nadat die Proteas se kaptein Grame Smith in die laaste oomblikke van die wedstryd sy honderdtal aangeteken het. Smith (101 n.u.n) het saam met Hashim Amla (112 n.u.n) Suid-Afrika tot ʼn 236/2 oorwinning gelei. Die Proteas is Donderdag vir ʼn skamele 96 lopies uitgeboul. Australië is egter sowat twee uur later vir 47 lopies uitgeboul in hul tweede beurt. Die Proteas het slegs 155 lopies gekort met 9 paaltjies staande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.