Proteas se nuwe afrigter aangekondig

Russel Domingo. Foto: Werner Beukes/SAPA

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Saterdag die Proteas se nuwe afrigter bekend gemaak nadat Gary Kirsten gister aangekondig het dat hy nie sy kontrak met KSA sal verleng nie.

Russel Domingo, die Proteas se hulpafrigter, sal begin Augustus die leisels by Kirsten oorneem. Kirsten sal volgende maand na die Kampioenetrofee-reeks in Engeland en Wallis die tuig neerlê. Kirsten het gister gesê hy wil meer tyd saam sy gesin deurbring. Die Proteas het onder leiding van Kirsten die wêreld se nommer een toetsspan geword. Domingo (38) is een van die jongste persone nog om hoofafrigter van die Proteas te word. Domingo sal die Proteas lei wanner hulle in Julie na Sri Lanka reis vir vyf eendagtoetse en drie T20-toetse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.