Proteas verloor hul bagasie

Die Suid-Afrikaanse krieketspan net ná hul oorwinning oor Australië in Perth Foto: AP

Lede van die Protea-krieketspan se bagasie het Woensdag by OR Tambo Internasionale Lughawe vermis geraak.

Pas ná die span se krieketsakke en bagasie opgespoor is, het ‘n man glo probeer om met een van die bagasietrollies weg te hardloop. Hy is egter weer aangekeer en in hegtenis geneem, berig Beeld.

Die Proteas het in twee groepe na Suid-Afrika teruggekeer ná hul suksesvolle oorwinning in die derde toets teen Australië in Perth. Die wedstryd het ‘n dag vroeër, as aanvanklik verwag is, klaargemaak. Meeste van die spelers het Woensdag teruggekeer, maar ‘n kleiner groepie, insluitend Alviro Peterson, Jacques Rudolph en Ryan McLaren, het Dinsdag teruggekeer. Die groep het tevergeefs vir die meer as 50 stukke bagasie by die vervoerband gewag.

Mohammed Moosajee, die Proteas se spanbestuurder, sê die probleem het moontlik ontstaan toe die vlug in Australië vir meer as ‘n uur lank vertraag is. SAL kon die bagasie ná ‘n lang soektog opspoor. Teen dié tyd het talle van die spelers reeds hul aansluitingsvlugte gehaal.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.