Konstruksiewerk by Eskom se Medupi-aanleg is Woensdag glo weer ontwrig ná ʼn beweerde arbeidsgeskil.
Moneyweb berig voertuie is aan die brand gesteek, rubberkoeëls is gevuur en konstruksiewerkers is huis toe gestuur.
Hilary Joffe, woordvoerder vir Eskomo, het aan Moneyweb gesê ʼn groep van tussen 500 en 1 000 het aan die protesaksie deelgeneem. Volgens Joffe het van die werkers glo klippe gegooi en skade aan twee voertuie aangerig, maar is daar, volgens Eskom, geen beserings aangemeld nie. Die situasie is glo nou onder beheer.