Die prys van brandstof sal volgende week daal, het die departement van energie Donderdag aangekondig.
ʼn Liter 95-oktaan loodvrye petrol sal van Woensdag af R10,61 kos in Gauteng. Die prys van 93-oktaan loodvrye petrol sal met ses sent per liter daal terwyl die prys van 95-oktaan loodvrye petrol vyf sent per liter goedkoper sal wees. Diesel met ‘n 0.005% swael-inhoud sal 20 sent per liter goedkoper wees. Die groothandelprys van paraffien sal met 25 sent per liter daal. Die nasionale handelsprys vir paraffien sal met 33 sent per liter daal.