Psigiatriese pasiënt sterf na rusie

ʼn Psigiatriese pasiënt is Donderdagoggend in Fort Beaufort dood nadat daar glo ʼn geveg tussen hom en ʼn ander pasiënt uitgebreek het.

ʼn Woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, sê die geveg het vroeg Donderdagoggend by die Tower psigiatriese hospitaal uitgebreek. Hy sê die twee mans het geargumenteer en mekaar begin skop en slaan. Een van die pasiënte het kopbeserings opgedoen en is dood terwyl daar gepoog is om hom na ʼn ander afdeling te neem vir behandeling. Kupelo sê hoewel daar al voorheen gevegte uitgebreek het, is dit die eerste keer wat iemand oorlede is. “Ons is geskok en sal die voorval ondersoek.” Die ander pasiënt sal na die Fort England-hospitaal in Grahamstad oorgeplaas word waar strenger veiligheidsmaatreëls geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.