PSL ongrondwetlik teenoor Bafana-kaptein, sê AfriForum

Itumeleng Khune

Itumeleng Khune

Die skorsing en boete wat die Bafana Bafana doelwagter en kaptein, Itumeleng Khune deur die Premier Sokkerliga opgelê is, is ʼn skending van sy grondwetlike regte, spesifiek van sy reg tot vryheid van geloof en assosiasie.

Khune is glo geskors nadat hy verlede maand in sy hoedanigheid as kaptein van die Kaizer Chiefs by ʼn wedstryd teen die Orlando Pirates sy onderhemp vertoon het, waarop die woorde: “GOD IS GREAT” geskryf is. AfriForum Jeug dring daarop aan dat die Premier Sokkerliga (PSL) Khune om verskoning moet vra en sy boete en skorsing moet ophef.

“Om ʼn persoon te beboet omdat hy sy godsdienstige oortuigings uitleef is teen sy menseregte en dis ʼn duidelike onderdrukking van Christenskap deur die PSL,” het Henk Maree, woordvoerder vir AfriForum Jeug gesê.

Volgens dié jeugorganisasie eer talle sportsterre regoor Suid-Afrika die Here vir hul prestasies en geen sportraad het nog ooit teen ʼn sportster opgetree op grond van sy of haar godsdienstige oortuigings nie. Talle nasionale spanne het al verskeie sportsterre tegemoetgekom op grond van hul godsdienstige oortuigings.

“Ons eis ʼn verskoning van die PSL. Ons dring daarop aan dat die klagtes teen Khune teruggetrek word en ons moedig die nasionale sokkerkaptein aan om steeds sy Christenskap met passie uit te leef,” het Maree gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan ·

Duidelik weet die Premier Sokkerliga bitter min wat in die Grondwet vervat is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.