PTA-busongeluk eis 29

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 29 mense is dood en 11 ernstig beseer ná ‘n busongeluk Maandagagaand op die Moloto-pad naby Kwaggafontein, 100 km oos van Pretoria.

“Die dodetal staan tans op 29,” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement van veiligheid, gesê.

Die bus was van Pretoria onderweg toe ‘n vragmotor glo uit sy baan geswaai het. “Die vragmotor het vir ‘n stilstaande voertuig uitgeswaai en teen die aankomende bus vasgery,” het Mabuza verduidelik. “Ons het nie bevestiging of die vragmotorbestuurder en busbestuurder die ongeluk oorleef het nie.”

Drie van die beseerdes het in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Agt is steeds kritiek en 12 mense het geringe beserings opgedoen. Die beseerdes is na ‘n hospitaal in nabygeleë KwaMhlangu geneem.

Die busmaatskappy se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Die Moloto-pad is bekend vir talle noodlottige ongelukke. Ongeveer 50 000 mense gebruik daagliks dié roete om by hul werk in Pretoria uit te kom. Die pad is smal en vol slaggate en ongeveer 635 busse maak daagliks van die pad gebruik. Altesaam 18 mense is verlede maand in ‘n ongeluk op dié pad dood.

Klik hier vir foto’s en meer inligiting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leon ·

More almal, hel dis n wrede ongeluk. Daai pad is regtig die pad van die dood soos die R300 pad hier is by ons in die kaap. Oja Maggie ek het maar net in n ligte luim gese ny skoonma is amper die duiwel self. En as klein Steenkamp skuldig bevind word skuld jy ons almal wat jy aangeval het n heerlike ete met reiskostes ingesluit.

Trippie ·

Goeie môre Leon !

Geseënd is julle wat die voorreg geniet om in die mooie Kaap te woon. Ek het Junie-maand vir die EERSTE keer in my 52 lewensjare voet aan wal in die Kaap gesit (en ek issie familie van Jan van Riebeeck nie – ( LoL) – skoon verlief geraak op die plek ! Paternoster was eweneens pragtig met net die mooiste herinneringe. Sou my lewe gespaar word, gaan ek VERSEKER weer ‘n wye draai gooi !

Gehoor julle gaan ‘n heerlike 26 grade vandag hê. Ek lief somersdae met temperature van 30+ !!

Trippie ·

Hoeveel mense moet nog sterf ALVORENS daar iets aan die pad gedoen word – veral gesien in die lig dat so ‘n groot aantal motoriste die pad gebruik – dis SKANDELIK om die minste te sê.

Soms is ek genoodsaak om daar te ry, en ek moet ook erken, baie motoriste neem kanse, dis soos om selfmoord te pleeg.

leon ·

More trip , dankie en as jy weer Kaap toe kom is jy enige tyd welkom om by ons te kom woon en n heerlike vakansie in die Paarl te geniet. Dis werklik mooi wereld.

Trippie ·

Ag jinne Leon – ek het juis heelwat FB vriende in die Paarl – almal van die DIERBAARSTE mense op aarde en jy sal nie glo, elkeen van hulle het my al genooi om by hulle tuis te gaan ! JULLE IS TOPS !

Baie dankie !!!

Jy is baie welkom om vir my ‘n briefie te stuur na :

[email protected]

Helene Heyns ·

Hierdie Kapenaar sê sommer baie welkom Trippie en dis lekker om jou en van jou bekkige maats weer terug te hê op Maroela

Trippie ·

Helene : Dis dierbaar van jou ! BAIE DANKIE !
Ek kan net weer herhaal “JULLE IS WAARLIK OULIKE MENSE !

En, hier is ‘n Transvaalse drukkie vir jou – XXX

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.