PTA dalk binnekort sy jakarandas kwyt

Jakarandabome in Pretoria

Jakarandabome in Pretoria

Volgens navorsing deur die Universiteit van Pretoria kan dié stad dalk binnekort sy kenmerkende jakarandabome kwyt wees.

Volgens eNCA het dié navorsing bewys ʼn swam is stadig besig om die bome dood te maak.

Mike Wingfield, ʼn biotegnologie-kenner aan die Universiteit van Pretoria, het aan eNCA gesê die bome word bedreig deur ʼn swam genaamd gano-derma wat dosyne jakarandabome jaarliks uitwis. “Die swam val die boom van binne af aan totdat die boom uiteindelik vrek,” het Wingfield gesê.

Jakarandabome is in 1830 deur baron Von Ludwig na Kaapstad ingevoer. Ene mnr. Tempelmann het in 1888 die eerste twee jakarandabome na Pretoria gebring. Hy het hulle in Sunnyside geplant in die tuin wat hy vir Jakob Daniel Celliers uitgelê het. Jameson Clarke het saad van Australië ingevoer vir nog 200 jakarandabome.

Op 16 November 1906, op die 51ste herdenking van die stigting van Pretoria, het Clarke die bome aan die Pretoriase stadsraad geskenk. Frank Walton Jameson, wat destyds die stadsingenieur was, het in 1909 voorgestel dat die jakarandas as straatbome gebruik word en binne tien jaar het die getal jakarandas aangegroei tot sowat 17 000.

Jakarandas word ingevolge wetgewing beskou as “ongewenste eksotiese indringers” en die bome mag nie aangeplant of toegelaat word om te groei tensy dit reeds bestaan het voor die wysiging van die betrokke wet in Maart 2001 nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

en weereens so mut als wat mooi is in ons land opgef@k word, wats volgende.

Johanna ·

Amper gedink die bome gaan afgesaag word omdat die naam bly. Vermakerigheid? Kan daar maar nie uitsondering gemaak word soos met Bloekombome? Terwille van kultuur?

Paul ·

Plant dan solank Vanwykshoute. Net sulke mooi pers blomme, en is inheems!

Nico Kruger ·

Ai Helena, waaroor baklei jy nou eintlik. Oor ‘n swam wat bome doodmaak, en daaroor gebruik jy sulke taal.

Leandra ·

Nou wat kan ons doen om die siekte te genees? Ek het ‘n groot een in my tuin en wil hom nie verloor nie.

Jasper ·

Soek raad by enige sitrusboer of tegniese beampte. Daar is middels op die mark. Uiteraard sal dit nie spesifiek op Jakarandas geregistreer wees nie.

Vera ·

Dit is baie hartseer tot ‘n mate maar is ook dalk ‘n goeie ding. Soos Paul sê, plant eerder inheemse bome. Mense kyk net na die ‘mooi’ van ‘n Jakaranda boom maar vergeet dat hy eintlik ‘n probleem plant is. ‘ The Blue Jacaranda prevent grow of native species by consuming a lot of water’. SA is immers ‘n Semi-woestyn land soos wat ek van my skool jare onthou…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.