PTA-dwelmlaboratorium in ligte laaie

Argieffoto

Die polisie is op soek na drie verdagtes wat gevlug het toe daar Woensdag ʼn brand by ʼn dwelmlaboratorium in Pretoria uitgebreek het.

Kaptein Paul Ramaloko, ‘n woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die polisie was omstreeks 18:00 onderweg na ʼn huis in Kameeldrift, toe hulle verneem het die huis is in ligte laaie.

“Die polisie het inligting opgevolg dat die huis gebruik word om dwelms te vervaardig,” het Ramaloko gesê.

“Twee Nigeriërs en nog ʼn man het daarin geslaag om weg te kom, voor die polisie by die toneel opgedaag het. Die brand is gou geblus en die polisie het beslag gelê op toerusting wat gebruik word om Mandrax te vervaardig,” het Ramaloko gesê.

Volgens Ramaloko is dit in die stadium nog nie bekend wat die brand veroorsaak het nie, maar die moontlikheid bestaan dat die verdagtes dit self aan die brand gesteek het.

Die drie verdagtes is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.