PTA en JHB metrobestuurders verdien glo die meeste

Jason Ngobeni, City of Tshwane munisipale bestuurder

Die munisipale bestuurders van die Tshwane en Johannesburg metropolitaanse munisipaliteite verdien die hoogste salarisse in die staatsdiens.

Jason Ngobeni, City of Tshwane munisipale bestuurder, en Trevor Fowler, Johannesburgse munisipale bestuurder, sal onderskeidelik R3.25 miljoen en R3.23 miljoen per jaar verdien na hul jaarlikse verhoging op 1 Julie van meer as R500 000 elk, het SABC Sondag berig. President Jacob Zuma verdien ʼn jaarlikse salaris van ongeveer R2.5 miljoen en adjunkpresident Kgalema Motlanthe verdien ʼn jaarlikse salaris van R2.2 miljoen.

Die twee bestuurders sal na bewering 1 000 keer meer verdien as die munisipale werkers wat die kleinste salarisse verdien. ʼn Ongekwalifiseerde oudit is vir die 2010/2011-finansiële jaar op die Tshwane metro gedoen. Ouditeur-generaal Terence Nombembe het die Johannesburg metro vir hul swak inkomstebestuur gekritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.