Pta-gesin uitgewis in busongeluk

‘n Gesin van vier, waaronder twee jong kinders, is dood toe hulle voertuig Donderdagoggend met ‘n bus gebots het op die Moloto pad in Pretoria.

‘n Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die kinders was glo een en drie jaar oud. Volgens berigte het die een jarige op sy ma se skoot gesit terwyl sy bestuur het. Die 3-jarige het glo op die passasiersitplek gesit en die pa agter. Hy sê ʼn vroulike passasier se bene is gedeeltelik afgeruk nadat sy uit die bus geslinger is. Banks sê die vrou is in ʼn ernstige toestand na die Unitas hospitaal geneem. ʼn Verdere 31 mense is in die ongeluk beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Banks sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.