Pta-huishoudings moet dalk almal voorafbetaalde kragmeters kry

Pretorianers mag dalk gedwing word om voorafbetaalde kragmeters te installeer.

Kgosientho Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metro, het Woensdag tydens die stad se begrotingstoespraak gesê ‘n nuwe ordonnansie sal op 1 Julie deurgevoer word om te verseker dat die voorafbetaalde kragmeters dwarsdeur die stad gebruik word.

Die metro het R22-miljard daarvoor begroot. Ramokgopa het gesê voorafbetaalde meters sal die metro se kredietbeheer verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.