PTA-kleuter skok dood buite huis

elektrisiteit-320x231ʼn Tweejarige seun van Pretoria is doodgeskok terwyl hy saam met sy maats buite sy huis gespeel het.

Volgens ao. Mike Mbewe, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval Woensdagmiddag in Mamelodi plaasgevind. “Die seun, Magau Naka, is dood nadat hy aan ʼn lewendige elektriese kabel geraak het. Die kabel was daar weens ʼn onwettige verbinding buite sy ouerhuis se hek,” het Mbewe gesê.

Naka is na die Stanza Bopape-kliniek gehaas, maar is met sy aankoms dood verklaar.

Mbewe het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek sal uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Onwettige krag verbindings! Ja en so steel die vuil uile miljoene rande se krag terwyl die eerlike mense maar betaal. So betaal onskuldige kinders met hul lewe vir die diefstal wat hul ouers aangaan! Wanneer sal die mense leer, krag is niemand se speelmaat nie?

Eben ·

Wat speel die kind buite saam sy ‘maats’ wat almal ook seker 2jr is by krag! Waar die ma? Nie te min dit sal nooit einde kry nie want krag is mos aan die volk belowe, mahala!

Nico Uys ·

Pasop jy het dalk nog klein kinders in die huis, hierdie was as gevolg van onwettige krag verbindings.

wllie ·

Jy kan nie glo nie, van krag gepraat, die swart woonbuurt se straat en spreiligte is al vanaf half vyf in die middae aan terwyl ons dienste betalers in krugersdorp se straatligte hopenlik saans aangaan, en as dit gebeur is dit so vlou dat mens onder dit staan en dan moet jy n vuurhoutjie trek sodat iemand kan sien jy is daar. Ek wonderr net soms wie betaal vir die skerp ligte wat myle ver gesien kan word?

Baby-J ·

N 2jaarige is inelkgeval nie veronderstel om alleen buite IN DIE STRAAT te speel nie, maak nie saak hoe oud sy maaitjies is ni! Dis net nalatige ouers wat so iets doen en as iets met die kind gebeur wil hulle lang trane huil!

Belinda ·

Dis maklik vir julle om te se n 2jarige kind speel nie buite nie. Ja ek stem saam. Maar kinders in plakkerskampe(ek lei af dis waar dit gebeur het),word nie groot soos kinders in welaf buurte nie. Hulle shacks en huisies is sooo beknop,hoe kan jy v n besige 2 jarige verwag om heeldag binne so n klein plekkie te sit. Dit is eerder die skelms wat weg kom met so krag steel en meeste mense laat dit toe,want die rade word by hulle bokse gekonekteer en le die strate vol. Helfte van die ouers is ook of gesuip of hulle sit heeldag in die son en klets. Kyk ek doen baie vrywillige werk in plakkerskampe. Weet presies hoe dit daar gaan. Dis skrikwekkend. Elke 2de huisie is omskep in n shebeen,maar dan is daar so hard baklei vir daai staatshuise. Of hy bring sy familie uit die oos kaap en slaan n paar xtra shacks in sy jaart op. Dis n nimmer eindige kringloop wat nooit sal verbeter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.