PTA-ma, dogters op vakansie aangeval

ʼn Ma van Pretoria en haar twee dogters is Maandag beseer terwyl hulle op ʼn wandelpad in die Port Edward-omgewing aangeval is.

“Die ma en haar dogters was besig om te stap toe hulle deur ʼn onbekende aantal mans aangeval is. Inligting oor die voorval is nog skraps en die saak word deur die polisie ondersoek,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Die ma, in haar 50s, het ernstige beserings opgedoen. Haar twee dogters het slegs geringe beserings opgedoen, maar was op die oog af erg getraumatiseerd.”

Die slagoffers is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare-hospitaal in Margate geneem vir verdere behandeling.

Die slagoffers se name is in die stadium nie bekend nie. Maroela Media wag nog vir terugvoer van die polisie oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.