ʼn Ma van Pretoria moes Sondagoggend hoor haar 21-jarige dogter is dood, skaars ʼn uur nadat sy haar dogter as vermis by die Sinoville-polisiestasie aangemeld het.
Mirna von Benecke, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die 21-jarige Ntokoza Maria Ntuli van Sinoville is Saterdag vir die laaste keer gesien toe sy omstreeks 12:00 na die Wonderboom Junction-winkelsentrum gegaan het.
“Die ma het Sondagoggend omstreeks 06:45 haar dogter as vermis aangemeld,” het Von Benecke gesê. Kort daarna het ʼn voetganger die polisie gebel en gesê daar is ʼn lyk in ʼn veld nie te ver van die winkelsentrum af nie. Die liggaam het steekwonde gehad en daar was ʼn gordel om haar nek. “Ons doen ʼn nadoodse ondersoek om te bepaal of sy dood is weens haar wonde en of sy verwurg is.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Enigiemand met inligting rakende die oorledende se bewegings na 12:00 Saterdagmiddag, of wat dalk saam met haar was en meer lig kan werp oor saam met wie en waar sy nog was, moet asseblief vir kapt. Barends by 082 461 6277 skakel.”
So jammer vir haar ma dit moes ‘n verskriklike skok gewees het. Mag hulle die skuldige opspoor niemand het die reg om mens se kinders net so te vermoor nie.
Ai dis jammer Innige simaptie aan haar familie en vriende
Dis so hartseer vir die Ma….innige meegevoel. n mens is jou lewe nie meer seker in vandag se tye….
Dis verskriklik innigste meegevoel mag die Here jou vrede gee
Vra ek julle………WAAR GAAN HIERDIE WERELD HEEN!!
DAAR IS TE MIN WETSTOEPASSING EN DIE WAT DIE WET MOET TOEPAS IS MEESTAL SELF KORRUP EN SKELM!