PTA-man beroof restaurant glo met speelgoedgeweer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn kitskosrestaurant met ʼn speelgoedgeweer beroof en toe op ʼn fiets weggejaag het, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.

“Die 25-jarige man het Dinsdagaand met ʼn fiets by die McDonald’s in Pretoria-Noord opgedaag en die restaurant betree,” het konst. Maanda Singo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het twee kaasburgers bestel. Terwyl die kassier hom gehelp het, het hy ʼn speelgoedgeweer te voorskyn gebring en die kassier aangesê om die kasregister oop te maak.”

Singo sê die man het R3 320 gesteel en toe met sy fiets weggejaag. Hy het nie die kaasburgers saamgevat nie.

“Hy is een uur later deur ʼn hondepatrollie-eenheid aangekeer wat hom met die gesteelde geld en speelgoedgeweer betrap het.”

Die man sal binnekort in die hof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lawrance ·

Hahahahaha. Die petrolprys is darem maar hoog deesdae. Selfs rowers gebruik fietse.

SYLVIA ·

LMGA, HOE LEKKER LAG EK NOU HOE DOM KAN JY WEES OM MET N FIETS PROBEER WEG TE JAAG

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.