PTA-man kry 25 jaar ná hy vrou laat vermoor

Cobus Prinsloo

Cobus Prinsloo, die eksman van Cordelia Prinsloo, wat skuldig bevind is aan haar kontrakmoord, is Woensdag tot 25 jaar tronkstraf in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.

Prinsloo (65), ʼn geoloog van Pretoria, is in Januarie skuldig bevind dat hy ʼn tuinier gehuur het om Cordelia, ʼn 59-jarige lugwaardin, te vermoor. Cordelia is in Oktober 2009 in haar huis in Kameeldrift, buite Pretoria, met ʼn graaf doodgeslaan.

Die tuinier, Lucas Moloi (35), is in 2011 ʼn totaal van 23 jaar tronkstraf opgelê vir moord en diefstal en moet minstens 18 jaar van sy vonnis uitdien. Prinsloo het Moloi glo R50 000 en ʼn huis aangebied om Cordelia te vermoor.

Cordelia Prinsloo

Adv. Louis de Klerk, vir Prinsloo, het Woensdag na die vonnis aangedui hulle gaan ‘n aansoek om verlof tot appèl bring.

Lees ook:
PTA-geoloog hou vol hy is onskuldig op vrou se moord
Tuinier 18 jaar tronk toe na hy vrou met graaf doodslaan
Tuinier erken moord op vrou, beweer eksman wou hom betaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.