PTA-man skiet rower in huis, twee vlug met whisky

Henry Lubbe, ʼn inwoner van Pretoria, het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn vermeende rower geskiet en gewond nadat hy deur drie mans in sy huis oorval is.

“Dit is nie maklik om te skiet nie. Dit is nie maklik om so iets te doen nie. Dit is glad nie iets wat enigiemand voor vra nie,” het Lubbe aan Beeld gesê.

Lubbe het Donderdagoggend omstreeks 04:00 ʼn geraas in sy huis in die Sable Hills-landgoed, noordoos van Pretoria, gehoor en gaan ondersoek instel. Die rowers het hom aangeval toe hy op die grondverdieping kom. Hy was gewapen en het vier skote geskiet. Een van die vermeende rowers is in die kop gewond. Die ander twee het met sy skootrekenaar en ʼn paar botels whisky gevlug. Die rower wat gewond is, is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en onder polisiebewaking geplaas.

Sers. Portia Maleka, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Beeld gesê die polisie vermoed die verdagtes het toegang tot die landgoed gekry deur ʼn gat in die heining te knip.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.