PTA-man sterf in waterponie-ongeluk

Argieffoto.

ʼn Man van Pretoria is Sondag dood in ʼn waterponie-ongeluk by Eersterivier naby Plettenbergbaai.

Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het Maandag gesê die man was met vakansie toe die ongeluk plaasgevind het.

“Die man het die waterponie in relatiewe kalm water van die strand af in die water ingestoot. Na wat verneem word, het hy oor ʼn golf gery wat hom en die waterponie in die lug in geslinger het. Na wat verneem word, het hy sy kop teen die vaartuig gestamp en afgeval,” het Lambinon gesê.

Die man is na die oewer gebring en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.