Pta-man sterf na ses hospitale hom glo wegwys

ʼn Man van Pretoria is dood nadat hy glo by minstens ses private hospitale weggewys is.

Beeld berig dat Jan Faber (66) aan ʼn hartaanval dood is by die Unitas-hospitaal in Centurion nadat hy by die Eugène Marais-, Akasia-, Moot- en Bougainville-hospitaal weggewys is. Faber is deur ʼn ambulans van Netcare911 by sy huis in Mountain View opgelaai waarna die paramedikus hom gestabiliseer en oproepe gemaak het na die onderskeie hospitale. Van die hospitale het glo aangevoer dat hul waakeenhede vol was. Volgens die berig is dit wel protokol om ambulanse met stabiele pasiënte weg te keer by hospitale waar die waakeenhede vol is. Faber is hierna na die Montana-hospitaal geneem waar die dokter glo nie kans gesien het om hom te behandel nie. Die Wilgers-hospitaal in die ooste was glo bereid om hom te aanvaar, maar toe die ambulans ’n blok van dié hospitaal was, is hulle weer weggekeer. Die ambulans het sowat 2ure nadat Faber by sy huis opgelaai is by die Unitas-hospitaal aangekom. Faber is sowat drie ure later dood.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.