‘n Motorfietsryer van Pretoria is Donderdag dood na ‘n ongeluk by die Pumulani Tolplaza buite Pretoria.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê die motorfietsryer het agter in ‘n bus vasgejaag. Die man se liggaam het in die middel van die pad gelê toe paramedici opdaag, maar hy is op die toneel dood. Die oorsaak van die ongeuk is nog nie bekend nie.